Dorpstraat Restaurant Teater is die vernaamste en moontlik die oudste Restaurant Teater in Suid-Afrika. Einde Desember 2009 het ons verhuis vanaf die besige Dorpstraat na ‘n rustiger tuiste, tussen wingerde en berge op Summerhill wynplaas, net buite Stellenbosch.
Dorpstraat Restaurant Teater bied net die beste in vermaak, kos en gasvryheid binne ‘n atmosfeer van intimiteit en geborgenheid. Ons is nie net ‘n platvorm vir gevestigde talent nie, maar ons strewe altyd om ‘n platvorm aan ons opkomende kunstenaars ook te bied.
Vanaf 18:00 kan jy die gejaagdheid verruil vir ‘n kreatiewe rustigheid waar jy tot 19:30 die beste uit ons kombuis kan bestel om liggaam te verkwik. Vanaf 20:30 sorg die kunste vir die bevrediging van die kulturele. Soos alle ander Restaurant Teaters het ons ‘n heffing (R30 per persoon) vir diegene wat nie by ons eet nie.
In kort skep Dorpstraat Restaurant Teater vir kliënte en kunstenaars ‘n huis weg van die huis, met voortreflike kos en vermaak teen bekostigbare pryse, om sodoende ‘n Restaurant Teater te skep wat die hele gemeenskap dien.
Skakel ons by 021 889 9158 of stuur ‘n epos aan info@dorpstraat.co.za om jou plekkie in die son te verseker want: Jy was nog nêrens as jy nie by Dorpstraat Restaurant Teater was nie!!!
|